Protea Pharmacy

About Us
  
Op 1 Maart 1999 span Swellendam en Protea Apteek saam om die groep TopPharm Apteke te stig. Die doel was om gemeenskapsapteke te behou op die platteland. In 2009 sluit Bonnievale Apteek aan by die TopPharm Apteke groep en in Januarie 2018 open Ashton Apteek sy deure.
Die voordeel wat ‘n gemeenskapsapteek inhou is dat dienste soos kliniekdienste, aflewerings, na-ure nooddienste, rekeninge, ens. nog ‘n integrale deel uitmaak van die hartklop van die apteek. Vra ons om ‘n spesifieke produk te bestel en ons doen baie moeite om daardie produk in die hande te kry. Bel ons vir raad oor ‘n diëet of advies oor medikasie dan is ‘n apteker beskikbaar om u te help. Het u ons nodig op ‘n Saterdagaand laat, is ons na-ure beskikbaar.
TopPharm Apteke het gegroei tot ‘n dinamiese groep gemeenskapsapteke wat uitstekende dienste aan hul gemeenskappe lewer.
Die visie was om klinieke by al hierdie apteke te vestig. Oktober 2018 open Swellendam Apteek ‘n Alpha Clin Kliniek. Ons klinieke lewer die volgende dienste: Bloeddrukmeting, suiker en cholestroltoetse, wondversorging, gesinsbeplanning, baba-immunisering, ens.
KLINIEK-URE:
Protea Pharmacy Alpha Clin Clinic
Monday – Friday 8h00 – 13h00 and 14h00 – 17h00
At Protea Pharmacy you will find the famous Ozone wound healing machine.
Bonnievale Pharmacy Clinic
Wednesday – 8h00 to 16h00
Ashton Apteek Kliniek
Dinsdag en Vrydagmiddae – vanaf 14h00 tot 17h00
Swellendam Apteek Alpha Clin Clinic
Maandag, Woensdag en Vrydagoggende vanaf 08:00 tot 13h00
Ons het nog altyd ons mense as die belangrikste kommoditeit in ons apteke beskou. Dankie aan die gemeenskap vir u volgehoue ondersteuning.
Ons sorg vir ons gemeenskap sedert 1964 en is steeds hier vir jou gesondheids behoeftes!
Specialities
  • Wheelchair access
  • Street Parking
Tags
    Comments

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here