Plaas in die Swellendam distrik is opsoek na ‘n jong dinamiese assistent plaasbestuurder wat kan hand bysit met die dag-tot-dag bestuur van die boerdery se sitrus eenheid.

 

Verantwoordelikhede (onder toesig) sluit in:

Besproeiing stelsel bestuur

Bestuur van dagtake

Beplanning en toesighouding

Bestuur van personeel

Daaglikse rapportering aan operasionele bestuur

Ander adhoc-pligte en -projekte sal van tyd-tot-tyd aan die posbeklieer toegedeel word.

 

Hierdie veelsydige pos is geskik vir ‘n betroubare, aanpasbare en toegewyde individu wat van nuwe uitdagings hou, oor goeie probleemopslossings- en interpersoonlike vaardighede beskik en ‘n praktiese aanleg en werksbenadering volg. Die ideale kandidaat het ‘n liefde vir die buitelug aangesien hierdie pos die fisiese bestuur van take en mense van dag-tot-dag vereis. ‘n Geldige swaarvoertuig bestuurslisensie is ‘n minimum vereiste.

 

Tersiêre opleiding in die landboubedryf en ervaring in sitrus boerdery of binne ‘n bestuursomgewing sal in aansoeker se guns tel.

 

Die pos bied uitstekende groei vooruitsigte, ‘n markverwante salaris en sluit behuising in.

 

Stuur asb u CV so spoedig moontlik aan marizannekoen@gmail.com. Aansoeke sluit 23 Januarie 2020.

Location