Marinda se Veranda is ‘n pragtige tweeslaapkamer huisie op die wal van die Buffelsjagrivier ‘oorkant die rivier’.

Die nuut gerestoureerde kothuisie het twee slaapkamers en het slaapplek vir vier mense.

Daar is ook ‘n kaggel binne die huisie vir daardie lekker wintersaande en is ten volle toegerus met beddegoed, eet- en kookgerei, stort en toilet.

Die eenheid maak gebruik van sonkrag so daar is dus nie ‘n mikrogolf nie maar die kombuis is toegerus met ‘n yskas en gasstoof.

Die braaiplek buite het ‘n pragtige uitsig oor die rivier en Suurbraak.

Hondekinders is welkom.

Location

Unnamed Road, Suurbraak, 6743, South Africa

Additional Details
Payment Options
  • Cash
  • Card