Elstelm Boerdery, ‘n gevestigde en progressiewe melkery-boerdery in die Swellendam Distrik, bied die volgende opwindende loopbaangeleentheid aan:
POS: ONDERHOUDSBESTUURDER
Verantwoordelikhede:
Die Onderhoudspersoon rapporteer aan die Plaasbestuurder en sal verantwoordelik wees vir die instandhouding van alle voertuie, masjinerie, toerusting, fisiese strukture, pype, pompe, besproeing- en elektriese stelsels op die plaas. Die suksesvolle kandidaat sal soos nodig, by die suiwelboerdery bedrywighede betrek word. Moet bereid wees om oortyd te werk wanneer dit benodig word en om geskeduleerde naweekdienste te doen soos deur die Senior Bestuurder bepaal.
Sleutelvaardighede:
Opleiding en vaardighede:
1. Graad 12.
2. n Meganiese/onderhoudskwalifikasie sal n voordeel wees.
3. Goeie kennis van die herstel en instandhouding van plaastoerusting, besproeingspompe en besproeingstelsels.
4. Goeie kennis van die meganiese werking van trekkers, vragmotors en voertuie.
5. Rekenaargeletterdheid in Microsoft Office-programme is n
aanbeveling.
6. ‘n Bestuurderslisensie is verpligtend. Kode 14 sal n voordeel wees.
Ondervinding:
1. n Minimum van 3 jaar toepaslike ondervinding in onderhoudsbestuur en die herstel van landbou-masjinerie en toerusting is verpligtend.
2. Ondervinding in arc, tig en mig sweiswerk.
3. Ondervinding in melkery-boerdery is n aanbeveling.
Interpersoonlike vaardighede:
1. Verantwoordelik
2. Probleemoplosser
3. Bereid wees om te leer en opgelei te word
4. ‘n Natuurlike leier
5. Gedrewe
6. Inisiatief
7. Goeie mense verhoudinge
8. Spanspeler
9. Persoonlike en professionele integriteit
10. ‘n Passie vir boerdery, buitelug en liefde vir diere
Vergoeding en byvoordele:
‘n Huis op die plaas sal verskaf word asook ‘n werksvoertuig.
Die salaris is markverwant en onderhandelbaar.
Energieke, hardwerkende en praktiese kandidate word uitgenooi om hul omvattende CV te stuur aan veravanleeuwen23@gmail.com.
Sluitingsdatum: Maandag, 20 Julie 2020

Location

Additional Details
Company Name
  • Elstelm Boerdery
Job Title
  • ONDERHOUDSBESTUURDER
Closing Date
  • Maandag, 20 Julie 2020