WATER RESTRICTIONS / WATERBEPERKINGS:

WATER RESTRICTIONS / WATERBEPERKINGS:

NOTICE: WATER RESTRICTIONS NO LONGER APPLICABLE TO SWELLENDAM TOWN, RAILTON AND SWELLENDAM INDUSTRIA

Based on our daily monitoring, water levels in the Grootkloof 3 Dam have indicated that the water level has risen to 85%. This is as a result of heavier than normal rain-fall in the second and third week of January 2020, as well as a break in the heat wave recently experienced.

As a result, water restrictions in Swellendam (main town), Railton and Swellendam Industria are being lifted as of 29 January 2020. We would hereby like to thank everybody for their co-operation as the dam lost more than 10% of its water due to evaporation, consumption and a large reduction in the rate of water inflow.

All residents are however advised to please continue to remain water conscious and to use water economically, as restrictions could be re-instituted throughout the remainder of the Summer months, should consumption and lack of rain-fall affect the safe operating water levels of the dam.

A.M. GROENEWALD

MUNICIPAL MANAGER

29/01/2020

Notice No. I2/2020

KENNISGEWING: OPHEFFING VAN WATERBEPERKINGS: SWELLENDAM DORP, RAILTON EN SWELLENDAM INDUSTRIA

Daaglikse monitering van watervlakke van die Grootkloof 3 Dam het aan die lig gebring dat die watervlak van die dam tot 85% gestyg het. Dit word toegeskryf aan die hoër as normale reënval gedurende die tweede en derde week van Januarie 2020 asook daaraan dat die onlangse hittegolf gebreek is.

As gevolg hiervan word waterbeperkings in Swellendam (hoofdorp), Railton en Swellendam Industria met ingang 29 Januarie 2020 opgehef. Ons bedank graag almal vir u samewerking gedurende die tydperk toe die watervlak van die dam meer as 10% gedaal het vanweë verdamping, verbruik en die vermindering van water-invloei in die dam.

Inwoners word egter steeds versoek om waterbewus te bly en spaarsamig met water te werk te gaan aangesien waterbeperkings weer ingestel kan word sou die vlak van verbruik en reënvalpatrone gedurende die somermaande die watervlak van die dam nadelig beïnvloed.

A.M. GROENEWALD

MUNISIPALE BESTUURDER

29/01/2020

Kennisgewingnommer I2/2020

leave your comment


Your email address will not be published. Required fields are marked *