Dames van Swellendam, maak julself gereed vir n heerlike aand propvol lag saam met Mel die Storieverteller by die Swellendam Skou!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen o.14’s
Venue: Swellendam Skou
Adres: Swellendam Skougronde Gemeenskapsaal, Cooperstr.
Kaartjieprys: R400pp sluit n bederfpakkie, wyn op die tafel en Gin ‘on tap’ in.
Deure open: 18:00
Vertoning begin: 19:00
Besprekings: Chrismi Smith – 072 900 5464
Bring jou eie piekniekmandjie of platter en kom kuier saam.
Kontantkroeg beskikbaar.

Trust this device for 30 days











Explore Swellendam’s rich history and natural beauty, offering a perfect base for family adventures. Discover a wide range of activities, from hiking trails and nature reserves to charming local eateries, all while being centrally located to explore Cape Agulhas, the renowned winelands, and the breathtaking Garden Route—each just a few hours’ drive away. This website is a privately maintained local initiative, delivered by Evolution Media House (Pty) Ltd in partnership with Swellengram (Pty) Ltd.
Developed by Evolution Media House